Posted on

Gholf dag 2018

Gholf dag

Die gholf dag wat op 27 September by George gholfklub, ten bate van die Tuinroete Botaniese Tuin gehou is, was ‘n groot sukses.  Die heerlike, sonnige dag het grootliks gesorg vir die lekker atmosfeer wat geheers het.

Die dag is gereël deur Johan Botha en Stephan Gericke – albei baie ervare in die reël van fondsinsamelings funksies. Ons groot dank en waardering aan hulle vir die tyd bestee, die kilometers gery en die oorredingsvermoë gebruik, wat tot groot borge en pryse gelei het. Roger Bath, Elizabeth Boshoff en Joan Shaw het ook ‘n handjie bygesit. ‘n Lys van borge en donateurs verskyn hieronder.

 

‘n Kruiwa vol drank is ook uitgeloof.  Hierbenewens is ‘n klein wynveiling net voor die prysuitdeling gehou. Buks Gericke het as afslaer opgetree.

 

Elke speler het ‘n prys ontvang.  Die eerste prys was twee slagskape wat deur Stephan geskenk is. ‘n Lys van die instansies en mense wat pryse geskenk het, verskyn hieronder.

Die kompetisie is gewen deur E Barnard en S Barnard. Jacques Snyman en Danie Conradie was tweede en Ruben Barnard en Martin Oosthuysen derde.  Daar is ongelukkig net enkele foto’s van die spelers geneem –  geen van die wenners – behalwe van Ruben Barnard.

Ons hartlike dank aan almal wat ‘n prys geskenk het, as borg of donateur opgetree het. Ons versoek dat u die instansies wat pryse geskenk, as borge of donateurs opgetree het sal ondersteun.

Die terugvoer aan Johan Botha het ons laat besluit dat, as alles goed gaan, die volgende gholf dag weer op die laaste Donderdag van September 2019 gehou sal word. Maak solank ‘n aantekening van die dag en datum.

Gholfdag Borge OKTOBER